Wat is spelterapie? En hoe kan dit jou kind help?
Elke kind is ‘n unieke individu met sy eie spesiale eienskappe. Soms gebeur dit egter dat ‘n kind negatiewe gebeure (soos verlies, hospitalisering, egskeiding van ouers, trauma, verwerping) in sy lewe ervaar of dat sekere emosionele- en gedragsprobleme (soos oormatige hartseer, vrees, angs, lae selfbeeld, aggressiewe of boelie-gedrag) na vore kom wat die kind se daaglikse funksionering (sy verhoudings, ontwikkeling, slaap- en eetpatrone) beduidend beïnvloed. Spelterapeute werk gewoonlik met kinders tussen 3 en 12 jarige ouderdom, maar soms ook met adolessente wat komplekse lewenservarings of sielkundige probleme moet hanteer.

Ouers speel ‘n belangrike rol in die kind se terapie – nie net is hulle gewoonlik die eerste persoon wat die terapeut kontak nie, maar hulle is ook aktief betrokke om die terapeut te help om die kind en sy lewenswêreld te verstaan deurdat hulle inligting verskaf oor die kind se geskiedenis, enige stresvolle gebeure in sy lewe en spesifieke bekommernisse wat hulle oor die kind en sy familie het. Die ouers is daar om die kind te ondersteun en te motiveer om sy sessies by te woon. Leiding aan ouers deur die spelterapeut is dus noodsaaklik. Daar is ook gereelde terugvoer tussen die ouer en die terapeut om die kind se vordering en funksionering te monitor.

Spelterapie behels dus baie meer as om bloot net te speel en word ook soos ander terapeutiese intervensies suksesvol gebruik in die hantering van ‘n verskeidenheid probleme wat ‘n kind mag ervaar.
Geskryf deur Cynthia Bekker
Vir meer inligting kontak: 082 854 0901
No comments:
Post a Comment