Navorsing toon dat die meerderheid vroue op een of ander stadium in hul lewe op ‘n dieet was of is. Al die vinnige beloftes het gelei tot ‘n yo-yo effek in liggaamsmassa. Om die paar ekstra kilogram te dra is minder gevaarlik as die yo-yo effek van diëte. Die bose siklus van herhaaldelike optel en verloor kan massa-beheer op die lange duur fisies onmoontlik maak aangesien die liggaam weerstand daarteen opbou, wat verdere metaboliese versteurings kan veroorsaak.
Die hoof gesondheidsrisiko’s geassosieer met die hoë proteÏen, lae koolhidraatdiëte wat op die lang duur gevolg word is verhoogde risiko’s vir hart siektes, kanker, osteoporose, nier versaking ens.
Indien ‘n persoon nie fisies aktief is of oefening doen nie, verloor hy maer liggaams massa (spiere) en water tesame met vet. Die liggaam se natuurlike reaksie op ‘uithongering of vas is nie om vet te gebruik nie, maar om van spiere ontslae te raak en vet te behou. Hierdie geleidelike afname in spierweefsel lei tot ‘n geleidelike afname in metaboliese tempo. Die dieet lei to ‘n gevolg dat ‘n persoon ‘n groter persentasie liggaamsvet besit as voor die dieet.
Die groot probleem met fratsdiëte is dat dit nie veranderinge op ‘n langtermyn aanspreek nie. ‘n Gebalanseerde dieet is van kardinale belang ten spyte van ‘n persoon se bloedgroep. Ideaal is om ‘n gebalanseerde dieet te volg met ‘n veilige lae kilojoule inhoud voldoende vir elke persoon uitgewerk deur ‘n geregistreerde dieetkundige.
No comments:
Post a Comment