Jean Ayres se baanbrekerswerk in die veld van sensoriese integrasie het aan die lig gebring hoe belangrik die integrasie van inligting vanaf ons sintuie is vir die organisering van beweging, leer en gedrag. Die primêre fokus van sensoriese integrasie terapie is om sensoriese prosessering te bevorder deur die vestibulêre, proprioseptiewe- en tassintuie om sodoende self gegenereerde, doelgerigte aktiwiteit te fassiliteer.
Onlangse kliniese praktyke demonstreer die effektiwiteit wanneer klank in sensoriese integrasie strategië geïnkorporeer word. Baie kenners stem saam dat die ouditiewe sisteem ‘n kritiese skakel is in die sensoriese integrasie teorie. Therapeutic listening is ‘n innoverende program wat hoë kwaliteit ouditiewe stimulasie gee binne die sensoriese integrasie behandeling.
Luister is ‘n sensoriese integrasie ondervinding
Sensoriese integrasie is die vermoë om sensoriese inligting vanaf die liggaam en omgewing te organiseer en om dit te inkorporeer in betekenisvolle aktiwiteit deur die nodige aanpassings te maak. In ons allerdaagse lewe doen ons dit-ons gee selektief aandag aan ouditiewe informasie en integreer dit saam met al die ander sensoriese data.
Luister is ‘n vrywillige, oorlewings-verwante, heelbrein en ‘heelliggaam’ proses. Die oorlewing van ‘n wildedier hang af van sy vermoë om te luister en te monitor en om aktief te reageer op veranderinge in die omgewing. As gevolg van die belangrikheid van oorlewing het Ayres erken dat die prossesering van klank geklassifiseer kan word as een van die ‘primêre vorms van sensoriese integrasie’.
Die koglea en vestibulêr alles een sisteem
Terwyl die vestibulêre sisteem ‘n primêre rol speel in die sensoriese integrasie teorie word sy eenheid met die ouditiewe sisteem minder erken. Daar is outomaties geen skeiding tussen die twee sisteme nie. Die koglea, utrikels sakkula en die semi-sirkulêre kanale word gevorm deur ‘n enkele benige labarint in die binne oor. Die vestibulêre end van die kanaal prosesseer die laer frekwensie vibrasies (vanaf klank en beweging deur die gewrigsreseptore en bene) en wat ons beweging noem terwyl die kogluêre end die hoêr frekwensie vibrasies prosesseer wat ons klank noem.
Neurologies funksioneer die twee sisteme op dieselfde wyse met haaragtige reseptore wat beweeg in ‘n vloeistof gevulde kanaal. Hierby deel hul ook dieselfde kraniaal senuwee om inligting na die breinstam te stuur, hul kruis bane en deel inligting met mekaar die hele baan deur. Om hierdie belangrike eenheid te erken word daarna verwys as die vestibulêre-kogluêre kontinuum of die vestibulêr-kogluêre sisteem.
Hierdie sisteem is ingebed in die temporale been. Dit is die hardste been in jou liggaam wat beteken dat hy vibrasies vanaf klankgolwe goed optel. Klank word deur die pinnas (sowel as die temporale been) opgetel. Die vorm en posisie van die pinnas tel rigting sowel as ruimtelike informasie op. Die klankgolwe beweeg deur die oorkanaal en laat die oordrom vibreer wat op sy beurt weer die ossikles(drie klein beentjies) in beweging laat kom. Hulle vibreer teen die ovaal venster wat golwe in die vloeistof(perilimf) van die binne-oor laat ontstaan. Hierdie golwe veroorsaak beweging in die endolimf wat die basilêre membraan (in die koglea) laat beweeg. Die koglea word op verskillende plekke gestimuleer a.g.v. die verskillende frekwensies van klank. Hierdie beweging stimuleer haarselle in die orgaan van Corti wat ‘n senuwee impuls inisieer. ‘n Groot hoeveelheid breinstam kerne en bane bevat ruimtelike en ‘toon’ inligting van klank wat geprojekteer word na die akoestiese areas van die temporale lob en die sekondêre assossiasie areas.
Die neurologiese meganismes wat die basis is van oriëntering, sensoriese opsporing, affek en aandag is:
- Die retikulêre sisteem. Hy oriënteer jou en laat jou besluit waaraan om eerste aandag te gee. Hy kry multi-sensoriese insette en ruil informasie uit van alle dele van die brein en spinale koord. Hy bepaal die liggaam se staat, reguleer die outonome senuweesisteem, genereer jou biologiese ritmes en neem deel aan motoriese response.
- Die limbiese sisteem. Dit is verantwoordelik vir jou emosionele toon, opwekking, basiese dryfveer, geheue en outonome regulering-vagus tonus.
- Frontale lob. Verantwoordelik vir aandag en ‘judgement’.
- Die outonome senuweesisteem
Senuweebane wat direk gestimuleer word a.g.v. impulse deur klank is:
- Kraniaal senuwee V: Hy is direk verbind aan die tempatiese membraan en aan jou kakebeen. Hy het ‘n beskermingsfunksie>laat jou in gereedheid kom vir verdediging, neurologiese modelle word geskep rondom verdediging, daar is ‘n groter outonomiese intensiteit.
- Kraniaal senuwee VII: Is verbind aan die stapidius spier. Hy het ‘n beskermingsfunksie en is verantwoordelik vir gesigsuitdrukking.
- Kraniaal senuwee X: Dit is die vagus senuwee wat ‘n rol speel in homeostase. Hy reguleer harttempo, blaas en spysvertering.
Wat is luister?
Luister is die proses om klank op te spoor, te organiseer en te integreer vir gebruik saam met ander sintuie. Luistervaardighede sluit beide bewuste en onbewuste prosesse in. Hoewel ons nie daarvan bewus is nie, is ons konstant besig om omgewings geluide om ons te monitor. Wanneer ons ‘n vreemde klank hoor, skuif ons ons aandag en oriënteer, lokaliseer en kies ons daardie klank vir verdere ondersoek. Hierdie konstante monitering vind plaas in die sleutel sentrums van die brein en dis die eerste kritiese stap tot ‘n ontelbare hoeveelheid funksies wat insluit aandagvestiging en geïntegreerde sensoriese prosessering. Dit word grootliks op ‘n onbewustelike vlak gedoen sodat die kortikale bane vry is om hoër vlak funksies te verrig. Op ‘n meer bewustelike vlak gee ons vrywillig aandag aan klank en diskrimineer en interpreteer ons klank.
Beide kante van die vestibulêr-kogluêre sisteem is betrokke om ons tot ons omgewing te oriënteer. Die vestibulêre sisteem oriënteer ons tot ons plek op die aarde en die ouditiewe sisteem oriënteer ons tot die ruimte wat ons omring. Baie individue wat sensoriese prosesserings probleme en sensoriese integrasie probleme het het ook probleme met ‘luister’. Dit word duidelik gesien in individue met ouditiewe defensiwiteit of ouditiewe sensitiwiteit. Hierdie individue sal dikwels hul ore toedruk in reaksie op lae frekwensie klanke soos stofsuiers, mengers en haar droërs of hoë frekwensie klanke soos as iemand nies of skree.
TL is ‘n uitbreiding van sensoriese integrasie. Dit is ‘n ouditiewe intervensie wat die georganiseerde klank patrone inherent aan musiek gebruik om ‘n impak te maak op al die vlakke van die senuweesisteem. Ouditiewe informasie vanaf die TL cd’s voorsien ‘n direkte inset op beide die vestibulêre en ouditiewe dele van die vestibulêr-kogluêre kontinuum. Die klem van TL is op die meng van klank intervensie strategië met vestibulêr-proprioseptiewe, posturele stabiliteit(core) ontwikkeling en asemhalings aktiwiteite op so ‘n wyse dat dit die liggaam ‘ground and centre’ in ruimte en tyd. Om hierdie posturele-, beweging-en respiratoriese aktiwiteite as deel van die TL program aan te bied is kritiek.
TL bied ‘n verskeidenheid cd’s wat varieer in musiek styl, tipes filters en vlak van kompleksiteit. Die musiek van TL is elektronies gemanipuleer om ‘n oriënterings respons te ontlok wat die liggaam gereed maak vir volgehoue aandagvestiging en aktiewe luister.
Deur presiese insette aan beide kante kan die vestibulêr-kogluêre kontinuum te gee kan TL ‘n positiewe inpak maak op sensoriese funksie en op die senuwee sisteem as ‘n geheel. Soos luistervaardighede verbeter is ‘n persoon nie net instaat om beter met ander in interaksie te wees nie maar is hy ook instaat om homself beter te oriënteer en aandag te gee aan vreemde informasie en om sy eie fisiologiese staat te reguleer. Deur ‘n stewige fondasie in hierdie belangrike vaardighede te hê is daar meer kortikale bronne beskikbaar vir konneksie, interaksie, kommunikasie, nuwe leer en ander hoër vlak vaardighede.
Modifikasie van musiek
‘High Pass en Low Pass ’ filters word gebruik om die musiek te moduleer. Wanneer die high pass filter aangesit word gaan die hoë frekwensie klanke deur. Wanneer die low pass filter aangesit word gaan die laer frekwensie klanke deur. Die gebruik van hierdie filters veroorsaak die oriënteringsrespons.
Eerste:
- Momentele stilword van die liggaam
- Verminderde harttempo
- ‘n Pouse in respirasie (sug) wat gevolg word deur ‘n dieper asemhaling
Daarna:
- Perifere vasokonstruksie-bloed vloei na die kop
- Vasodilasie in kop (pupille vergroot, wange word rooi)-ogies blink
- Kop draai-liggaam word stil (Doorway to attention)
- Aktivering van posturele spiere
Wisseling tussen high pass en low pass filters fassiliteer:
- Totale oriënteringsrespons
- Modulasie
- ‘Core’ activation: posturele en asemhalingspiere word geaktiveer
- Konneksie en kommunikasie
- Al hierdie aspekte is die basis vir verfynde ouditiewe diskriminasie
Oriëntering, regulasie en sensoriese modulasie
Kwaliteite wat die musiek moet hê:
- Vol spekrum van klank (high+low pass)
- Duidelike ritmiese struktuur
- Klank patrone wat beide kante van die ouditiewe-vestibulê re kontinuum stimuleer
Kliniese implikasies:
- Optimale opwekking en energievlakke
- Verbeter soepelheid van die middeloor meganisme in terugvoerbane vir selektiewe aandag.
- Verbeter onvermoë om basiese biologiese ritmes (slaap/wakker, honger/dors, blaas en buik) te reguleer.
- Voorsien outomatisasie in funksie om end-van-die-dag uitputting en disregulasie te bekamp.
Diskriminasie
- Kwaliteite wat musiek moet hê:
- Oor die algemeen meer kompleks
- Die boonste deel van die klank spektrum dra meer detail, intensiteit en kontras.
- Byvoeging van menslike stemme in sommige cd’s
- Verbeter vermoë om te diskrimineer tussen die detail van die die komponente van klank
- Sukkel met vokale intonasie, inhoud van spraak, posturele leidrade en gebare
- Sukkel om te verstaan wat iemand bedoel versus wat hul sê
- Sukkel om ander se emosies te interpreteer
- Sukkel om aandag op hoër vlakke te behou
· Protokol -30 minute elke luister sessie
- -2x/dag
- -Minimum tyd tussenin 3 ure
- -Net met oorfone
- Volume vlakke-normale gespreksvlak
- 45-55 desibels (intensiteit)
- Tyd van die dag om te luister (verkieslik in die ogend en middag)
Kinders onder 2 jaar:
- Gebruik musiek oor oop luidsprekers
- Plaas die kind by die apeks van die driehoek tussen die twee luidsprekers nie meer as 1-1,5m vanaf elke luidspreker.
- Gebruik ‘n klein ruimte soos ‘n badkamer
- Skisofrenie
- Ouditief uitgelokte epeleptiese aanvalle
Fine tuning
Hierdie cd’s lei die oor en ouditiewe sisteem op om homself in te stel en te reageer op belangrike detail deur die hele klank spektrum, insluitende die wat ruimtelike aspek verder afrond. ‘n TL protokol help die luisteraar om die klankbron vas te stel. Effektiewe en genoegsame klank lokalisering en identifikasie stel die persoon instaat om te diskrimineer tussen spraak klanke in die omgewing. Addisioneel ondersteun fine tuning die afronding ritme in liggaamsbewegings, gesigsuitdrukkings en gebare gedurende gesprekke.
Agv verskillende ‘firing patterns’ van die brein kry ons verskillende breingolwe:
- Delta (0.5-3 CPS,slow firing) droomlose slaap, diep asemhaling, koel liggaamstemperatuur.
- Theta (4-7 CPS, hoofsaaklik in temporale en pariëtale streek) onbewustelike slaap staat, diep meditasie, diep kreatiewe drome, diep kreatiewe denke
- Alpha (8-12 CPS, brein se ideaal) staat van ontspanning, dagdroom, kreatiewe verbeelding, konneksie met die onbewuste, informasie sintese, geïntegreerde leer staat.
- Beta (13-40 CPS, algemeen waargeneem in frontale en pariëtale lobbe) logiese gedagte prosesse, analise, aktief, eksterne fokus
- High Beta (>23 CPS) angstigheid, agressie, kort/vlak asemhaling
Die gearshifter cd’s se doel is om die brein in ‘n alpha staat te kry. Agv die natuurwet dat 2 ritmes dieselfde pols sal begin ontwikkel wanneer hul naby mekaar geplaas word (Die sterker vibrasie sal die swakker vibrasie oorheers en die swakker vibrasie sal begin vibreer soos die sterker vibrasie), is dit moontlik om breingolwe te verander deur hul aan ‘n sekere frekwensie bloot te stel.
Om breingolwe na die alpha staat te verander moet die breingolwe blootgestel word aan ‘n frekwensie van tussen 8-12 Hz. Om dit reg te kry word die musiek tussen die linkeroor en regteroor gemanipuleer sodat daar ‘n verskil in frekwensie van tussen 8-12 Hz is. Die brein kelkuleer die verskil in Hz tussen die twee ore en begin dan later na hierdie frekwensie verander.
Opgestel deur Erika Botha
Vir meer inligting, kontak haar by 058 623 2510
No comments:
Post a Comment